JOZIE, land van goud

Donker wolke pak bo die Heuningspruitbrug
net anderkant Kroonstad
Windpomp in die swaar lug
lang gras staan gebuk en
die pienk en wit wink langs die N1
dan volg plate en plate vol sonskyn

oppad na Jozie met
gevlerkte vriende wat volg in die gryse lug
en nog plate en plate vol sonskyn
met jare se seer wat so om haar verdwyn

Trok op trok, trailers en karavaan
saam met die ongeduld wat
langs haar op die lang reguit verdwyn
So ry sy die vakkansie verby
oppad na Jozie
die land waar goud in die morestond skyn

Links verby die geel SOS
gekonnekteer met silver draad
aan iemand wat kan help om die seer te verstaan
Nog net een bult, nog net een kruin
aan die anderkant wag Jozie
na plate en plate van sonskyn

Rooiwal en Vredefort
môre bou sy vir haar ‘n kasteel
van fyn naaldekokerdraad
wat skitter in die groot blink maan

Waarheen en waarvandaan?
oppad na Jozie
met wange wat aanhou traan
nog plate en plate vol sonskyn
wat help om die pyn te verstaan

so sag en weerloos,
stukkend en broos
hang sy saam met my gevlerkte vriende
bo die donker swaar lug
en onder haar volg plate en
net nog plate vol sonskyn

Waar kom haar hulp vandaan?

Haar hulp kom van die Here
wat hemel en aarde geskape het,
laat Sy wil geskiet en
so haar versoening wees

Donker wolke pak bo die Heuningspruitbrug
net anderkant Kroonstad
Windpomp in die swaar lug
lang gras staan gebuk in die wind
die pienk en wit wink langs die N1
gevolg met plate en plate vol sonskyn

Oppad Jozie toe met
gevlerkte vriende wat haar volg in die gryse lug

dorettepotgieter ©