'n lughawe

tussen onbekendes oppad in ruimtes na vernuwing
‘n sag geroesemoes van opwinding en ‘n lekker laggie
van iemand met ‘n kartonkoffie in die hand

‘n sms in haar baadjie sak
Jy is oral…jy dwarrel deur my soos ‘n somer wind vol Jasmyn en Appelkose

met haar oë toe, skyn sterre blink in ‘n fluweel swart nag

saam gepak soos visse in ‘n blik snak sy na haar asem,
waar sy al lank saamgedruk sit en wag

een klein wentelasie gaaitjie in die muur
en verder absuliet niks, nie eers een oop glas deur.

stil in die chaos wag sy vir die vertraging om op te styg
met vrae wat maal in haar kop vol spoke wat ween.

so staan sy dan alleen binne die mure van haar lewe as segeunerin.

dorettepotgieter ©