Montagu

die week is verby en
so vat ons die vinnigste pad uit die stad

groen wuif langs die pad
en net deur die lang sement in die berg
word ons welkom geheet
met die kans om als agter ons
in die stad te vergeet

langs ons in die verby, staan ‘n groot trok
alleen tussen plat vaal groen met groot in rooi geverf

“WANTED A PARTNER”

die drie van ons lag,
hoeveel paddas moet ons dan nôg soen
voor iemand iets aan ons harte van swart doen…

ontbyt by ‘n kuier plekkie in die dorp
ons sit op die stoep met ‘n kermis oor die pad
en die son wat lekker op ons stadslywe bak
koerant lees, gesels en verken
- so tussen die berge is Hy besig
om my hart terug te wen

by die waremwaterbron
gesellig in ‘n ruim vertrek,
‘n winters middag son straal deur die wat venster
daar‘s ‘n tortelduif wat koer op die dak,
hy roep met afwagting om vars winter in ons longe te pak

ons stap op ‘n grondpad om ‘n koppie uit te klouter
vrolik verby ‘n paar inwoners wat blinkoog groet
almal langs mekaar verby in die vreemde
met niks wat ons trekpleister na die groot stad

dis stil in die vallei tussen klip en groen
so op teen die stylte met sag vars mos

dorettepotgieter ©