stil

Stil raak sy binne met die sag nat wat van buite af inkruip
en diep in die voue van haar stil raak

Stil raak die dag daar buite
sy word weggevoer op die vlerke van fyn naaldekoker draad,
met nat blink wat skitter in die volmaan

Still raak sy na die lang alleen reis, tussen seer en liefde
wat sy vir so lank reeds begeer

Stil raak hy met die jare wat weg seil op die herhinnering van
onskuld se ontmoeting, die een wat weet

Stil het sy hom altyd gehoor, HY die een wat weet

Stil wou sy vir hom sê hoe HY die enigste een is wat weet

Stil probeer sy verdwyn, maar skuldgevoel het haar gevolg

en stil word sy gevolg

stil

dorettepotgieter ©