Seer

Sy dwing pen op papier
sodat ink haar fokus op wit niks
weg van die chaos en vars rooi
saam met die polsende slag van Chopin

Hier los ek my seer vir jou
en ander om oor en oor
en weer en weer onder oog
te sweer

op haar katel spoeg sy die beklemming uit
op wit katoen en bondel haar weerlose lyf

buite is die see ontstuimig
met witperde wat vinnig op mekaar golf
die vuur knetter in Krakatoa se diepstes
en sy herken die spoor van vernietiging

‘n ketel fluit en sy besef
dis tyd om huis toe gaan.

dorettepotgieter ©